Ally se Nedbank saak dalk vandag, na 6 jaar verby

Uitspraak word vandag verwag in die aansoek deur Nedbank vir betaling van net meer as 1,25 miljoen Namibiese dollar van die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula. Die saak is reeds in 2018 gebring en het ‘n magdom dokumentasie hanteer. Die aansoek spruit uit ‘n persoonlike lening van amper 4,8 miljoen dollar wat destyds aangegaan is. Angula was daardie tyd betrokke by talle maatskappye wat sy gestig het waarvan die meeste in die moeilikheid beland het en gesluit het. Regter Hannelie Prinsloo sal na verwagting rondom nege-uur uitspraak lewe.