Ally Angula verloor Nedbank-stryd, moet N$1,25m betaal

Uitspraak in die Ally Angula-saak is deur regter Eileen Rakow, vir Hannelie Prinsloo in die hoërhof gelewer. Nedbank het betaling van net meer as 1,25 miljoen Namibiese dollar van die onafhanklike presidensiële kandidaat en haar man, Manna Matswetu geëis. Die saak is reeds in 2018 gebring en het ‘n magdom dokumentasie hanteer. Die aansoek spruit uit ‘n persoonlike lening van amper 4,8 miljoen dollar wat destyds aangegaan is. Angula was daardie tyd betrokke by talle maatskappye insluitend One Republik en Leap Manufacturing wat sy gestig het waarvan die meeste in die moeilikheid beland het en gesluit het te midde van talle hofaansoeke vir betaling. Angula en Matswetu moet die geld aan Nedbank terugbetaal sowel as 13,75 persent rente per jaar. Hulle sal ook die regskostes van die bank moet dra.