Ally Angula beloof links en regs toelae

Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het ’n manifes bekendgestel wat sy glo die land se sosio-ekonomiese landskap sal hervorm. Sy sê as sy verkies word, sal elke Namibiër tussen 18 en 59 ‘n maandelikse toelaag van 1 750 Namibiese dollar ontvang. Sy het dieselfde bedrag belowe vir weeskinders onder 18, asook vir weduwees en wewenaars. Tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie op ’n WhatsApp-groep verduidelik Angula waar die geld vandaan gaan kom.