Alles is reg vir Shell V-Power-tydren

Die 2023 Shell V-Power-tydren vind môre en Saterdag in Windhoek plaas en beloof om weer vir groot opwinding onder motorsport entoesiaste te sorg. Die tydren, wat deur Redline Motorklub aangebied word, het 12 trajekte, insluitend ‘n Super-Spesiale trajek, wat volgens die organiseerders uiters toeskouer-vriendelik sal wees. Dippies Dippenaar van die Redline Motorklub het met Kosmos 94.1 Nuus gesels. Hy sê die aksie skop môreaand af.