Alles is reg vir die begroting vanmiddag

Die meeste Namibiërs gaan vanmiddag voor hul TV-skerms, selfone en radio’s vasgenael wees om te hoor wat die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, tydens sy begrotingsrede in die parlement bekend gaan maak. Die woordvoerder van die ministerie, Wilson Ashikoto, sê hulle is gereed vir die begrotingsrede.