Alles in die stryd gewerp om Durban se strande reg te kry
Die burgemeester van die eThekwini Munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Mxolisi Kaunda, sê die metro se tegniese water- en sanitasie-spanne werk steeds 24 uur per dag om te verseker dat alle strande oop sal wees gedurende die feesseisoen en ook daarna. Kaunda het tydens die media-inligtingsessie ná die raadsvergadering in Durban gepraat. Hy sê die wetenskaplike dienste en meganiese en afvalwaternetwerk-departemente werk nóu saam om die oorsprong te bepaal van enige kusbesoedeling wat opgemerk word: