Alles blyk om nie pluis te wees met stropery-eenheid in Etosha nie

‘n Stemgreep van die hoof van die teenstropery-eenheid in Etosha, Ndhangwapa Kashihakumwa, wat wyd versprei is, maak melding van die magstryd van regeringsamptenare wat teenstropery-aktiwiteite verhinder. Die oud-Oshana polisiehoof sê hy is van die pos, wat hy sedert 2017 beklee, hieroor verwyder. Sy kontrak loop blykbaar aan die einde van die maand tot ‘n einde. Die ministerie het in ‘n verklaring die aantygings ontken. Altesaam 47 renosters is tot dusver vanjaar in Namibië gestroop, met 32 ​​karkasse wat in die Etosha Nasionale Park gevind is. Dit sluit 33 swartrenosters en 14 witrenosters in.