Alleenloper mannetjie-slang kry 14 babas

Ronaldo, die 1,8 meter lange Brasiliaanse reënboog-luislang wat ʼn veearts nege jaar gelede as mannetjie geklassifiseer het, het 14 kleintjies gekry al het hy geen kontak met ander slange gehad nie. Wetenskaplikes skryf dit toe aan ʼn skaars verskynsel, partenogenese. ʼn Reptielkenner beskryf dit as ʼn natuurlike vorm van aseksuele voortplanting waar embrio’s sonder bevrugting ontwikkel. Dit kom voor by plante en sommige diere, maar Ronaldo se swangerskap is slegs die derde geval in die wêreld wat vir ʼn luislang in gevangenskap aangeteken word.