Alle Palestyne in Noord-Gaza ‘loop risiko om te sterf’

Die hele Palestynse bevolking in die noorde van Gaza loop ‘n “onmiddelike risiko” om weens siekte, hongersnood of voortdurende bombardemente deur die Israeliese weermag te sterf, waarsku die hoof van die Verenigde Nasies se kinderagentskap Unicef, Catherine Russell. Russell het in ‘n verklaring gesê dat daar in die afgelope 48 uur alleen meer as 50 kinders in die Jabalia-vlugtelingkamp doodgemaak is, waar dodelike Israeliese lugaanvalle twee woongeboue vernietig het waar honderde mense geskuil het. Sy sê aanvalle op burgerlikes, insluitend humanitêre werkers, en wat oorbly van Gaza se burgerlike fasiliteite en infrastruktuur, moet dadelik stop.