Alle oë op robkwota, Shifeta sê daar’s te veel

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê hy het kommer oor die toenemende getalle van robbe by Kaapkruis. Dit is die grootse rob-kolonie op die Afrika-kuslyn met meer as 100 000 diere. As Shifeta se kommentaar enigiets is om by te gaan sal die kwota vir die rob-oesseisoen, wat normaalweg in Julie begin, die jaar opgestoot word. Die kwota is sedert 2017 ongeveer dieselfde op 60 000 welpies en 8 000 bulle. Die oes van die robbe bly uiters kontroversieel omdat die welpies doodgeslaan word en die bulle met .22-gewere geskiet word. Daar is geen ander manier om robbe te oes nie. Die regering, nes die van Rusland, die VSA, Finland, Swede en meer, oes die robbe om visbronne te beskerm. Die 1,5 miljoen robbe op die Namibiese kuslyn vreet jaarliks 2 miljoen metrieke ton se vis.