Alle oë op Nobelraad – Fisika-toekenning vandag 

Afwagting bou op met die Nobelprys vir Fisika wat vandag bekend gemaak word.  Na die toekenning vir Fisiologie of Medisyne aan die Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruvkun, vir hulle ontdekking van mikroRNS, is alle oë nou op die gesogte prys vir fisika. Die sekretaris-generaal van die Nobelraad, Thomas Perlmann, sê dit verteenwoordig die volgende fase van Nobelweek waar wêreldveranderende ontdekkings in verskeie dissiplines erkenning kry: