Alle oë op Murrayfield vanaand

Honderde Suid-Afrikaanse ondersteuners het die afgelope twee dae saamgedrom by die hotel in Edinburgh waar die Bokke bly om vinnig hulle helde te sien of vir ‘n selfie. Die Bokke pak Skotland vanaand op Murrayfield vir ‘n kragmeting wat gretig afgewag word. Suid-Afrika se formidabele plaasvervangersgroep, met ‘n 7/1-voorspeler-agterspeler-verdeling, sal na verwagting ‘n groot impak maak teen Skotland. Kwagga Smith maak op nommer agt sy 50ste verskyning in die Springboktrui. Die wedstryd skop ses-uur af.