Alle oë op Hartebeestloop volgende week, dis mos die veiling van die jaar

Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind op 12 Mei op die plaas Hartebeestloop van die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Dit is ‘n hoogtepunt op Namibië se landbou-kalender omdat die diere van top-gehalte is. Die veiling begin om 11-uur die oggend en sal ook aanlyn wees met ‘n verskeidenheid van Bonsmara-bulle en vroulike diere. Briedenhann se seun Byron gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor wat te wagte is.

Briedenhann verduidelik meer oor die teelfilosofie om lae insetkoste en goed aangepaste diere vir die Namibiese boerderytoestande te teel.