Alle oë op Brent met jaarherdenking van Gaza-oolog op hande

Brent ru-olie het die week net onder 78  Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit na die kommoditeit met amper 10 persent in die afgelope sewe dae geklim het. Dit kom na bespiegelinge dat Israel moontlik Iran se oliefasiliteite kan aanval in weerwraak vir Dinsdag se missielaanvalle. Amerikaanse president Joe Biden het eers gesê hy sou dit ondersteun maar het ‘n ommekeer gemaak toe die markte reageer. Dit is môre ‘n jaar sedert Hamas se inval in Israel wat die oorlog ontketen het maar, dit is nie duidelik of Israel die dag sal gebruik om Iran aan te val nie.