Alle oë op Biden se staatsrede
Die Amerikaanse president Joe Biden staan vandag voor een van die belangrikste oomblikke van sy politieke loopbaan met ‘n staatsrede waartydens hy skeptiese kiesers moet oortuig dat hy fiks genoeg is om Donald Trump in die verkiesing in November te klop. Die jaarlikse toespraak is gewoonlik hoofsaaklik ‘n seremoniële gebeurtenis, maar vanjaar moet Biden toenemende twyfel besweer oor sy ouderdom, die Amerikaanse ekonomie en die oorloë in Gaza en Oekraïne. Amerikaners sal nie net wil sien wát die oudste president in die geskiedenis sê nie, maar ook hóé hy dit sê.