Alle eer aan land se doeane-beamptes: Shivute

Internasionale Doeanedag word vandag in Walvisbaai herdenk met die fokus op die rol wat internasionale doeane-beamptes speel. Die Namibië inkomste agentskap, NamRA, bring hulde aan die mans en vroue by die toegangspunte tot die land, wat beheer watter items en goedere die land binnekom en verlaat. NamRA kommissaris Sam Shivute sê die agentskap poog om die land met passie te dien. Hy sê doeanebeamptes verseker dat hulle hul take met omsigtigheid uitvoer.