All Blacks vegroot voorsprong met naweek se oorwinning

Nieu-Seeland het sy voorsprong op die wêreldranglys vergroot ná die naweek se naelskraapse oorwinning van 19-17 oor Suid-Afrika, wat tweede is. Australië is derde, maar die gaping tussen hulle en die Springbokke is nou slegs 4,12 punte. Engeland en Ierland is onderskeidelik vierde en vyfde. Die enigste verandering onder die toptien is Skotland, wat Argentinië verbygesteek het en nou die sewende plek beklee. Namibië, wat in die 25ste plek is, is die tweede Afrikaland op die lys ná Suid-Afrika.