All Blacks moet vas staan teen Engeland-voorspelers

Rugby: Onderkaptein, Ardie Savea, sê die All Blacks moet vas staan teen die vuurkrag van Engeland se voorspelers om ‘n herhaling te voorkom van hulle skoknederlaag in 2019. Nieu-Seeland speel hulle eerste wedstryd van die jaar op 6 Julie in Dunedin teen Engeland voor die spanne die daaropvolgende Saterdag op Edenpark in Auckland weer teen mekaar uitdraf. Die All Blacks het die besoekers laas in 2018 geklop. Engeland het Nieu-Seeland in 2019 in die halfeindstryd van die Wêreldbeker met 19-7 uitgeskakel.