All Blacks kondig groep aan vir jaareind-toe

Rugby: Die skrumskakel Cam Roigard is ingesluit in Nieu-Seeland se groep van 36 spelers vir hulle jaareind-toer. Noah Hotham is daarom uitgelaat, terwyl die veterane Sam Cane, TJ Perenara en die nuweling Cortez Ratima hulle plekke behou in hoofafrigter Scott Robertson se groep. Die All Blacks se toer begin op 26 Oktober teen Japan in Yokohama voordat hulle te staan kom teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië. Robertson sê ‘n balans tussen ervaring en vars talent is deurslaggewend.