All Blacks klop die Wallbies in taai wedstryd

Australië moes twee keer terugveg en het voorgeloop met 90-sekondes oor, maar dit was Nieu-Seeland wat in beseringstyd ‘n oorwinning van 39-37 in Melbourne behaal het. Dit was ‘n opwindende wedstryd om die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap te begin, aangesien die All Blacks hul voorsprong bo-aan die puntelys behou. Suid-Afrika en Argentinië pak mekaar Saterdagaand in Buenos Aires in ‘n moet-wen-wedstryd.