All Blacks het 11 veranderings vir Fidji-wedstryd
Die afrigter van die All Blacks, Scott Robertson, het 11 veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir Saterdag se toets teen Fidji in San Diego. Ses nuwelinge is in die groep, met die senter van die Hurricanes, Billy Proctor, in die beginspan, en vyf onder die plaasvervangers. Die groep sluit ook ‘n splinternuwe voorry in bestaande uit die stutte Tamaiti Williams en Fletcher Newell, en die haker Asafo Aumua. Intussen het Fidji se hoofafrigter, Mick Byrne, sewe veranderings aangebring aan sy groep van 23.