All Black-afrigter soek verduidelikings

Rugby: Die afrigter van die All Blacks tot en met die Wêreldbeker, Ian Foster, sê hy het Wêreldrugby om ʼn verduideliking gevra vir wat hy beskryf as onregte deur die wedstrydbeamptes in die eindstryd teen Suid-Afrika. Hy het vanoggend met die span se aankoms uit Frankryk gepraat. Volgens Foster het hy ʼn lêer vol vrae aan die beheerliggaam gestuur. Stuff.co.nz berig die vrae sluit in die rooi kaart vir die kaptein van Nieu-Seeland, Sam Cane, en die gele vir die Bok-kaptien, Siya Kolisi, albei vir hoogvatte, asook die drie van Aaron Smith wat nie toegelaat is nie.