Alkohol- en tabakpryse skiet die hoogte in

Pryse vir alkoholiese drankies in Namibië het in Februarie met 7,6 persent gestyg, vergeleke met ‘n inflasiekoers van 3,4 persent wat in Februarie 2022 aangeteken is. Die styging in die prysvlakke van alkoholiese drankies was hoofsaaklik die gevolg van wit spiritus wat vanaf 13,4 persent tot 26 persent gestyg het. Sigaret-pryse het met 5,8 persent gestyg in vergelyking met die vier persent in Februarie 2022. Tabakpryse het met 5,1 persent in Februarie gestyg vergeleke met 3,8 persent in Februarie 2022.