Algeriese bokser in gender-onenigheid brons in Parys gewaarborg

Olimpiese Spele: Een van die boksers gewikkel in ‘n gender-onenigheid in Parys het seker gemaak van ‘n medale by die Spele. Die deelname van Imane Khelif van Algerië en Lin Yu-ting van Taiwan het vrae laat ontstaan omdat die Internasionale Boksvereniging Khelif en nog ‘n deelnemer verlede jaar verbied het om aan die Wêreldkampioenskappe deel te neem omdat hulle nie voldoen het aan geslagstoelaatbaarheidskriteria nie. Die hoof van die vereniging, Umar Kremlev, het aan Sky News gesê die situasie is waarlik skrikwekkend. Hy het ook die IOK aangeval en beweer hulle vernietig vrouesport.