Alex Murdaugh kry nog 40 jaar

Die Amerikaanse veroordeelde moordenaar, Alex Murdaugh, is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis vir federale finansiële misdade. Hy het in September verlede jaar skuldig gepleit op 22 aanklagte, waaronder sameswering om bankbedrog en geldwassery te pleeg. Die 55-jarige prokureur dien reeds ‘n lewenslange vonnis sonder parool uit vir die moord op sy vrou en seun, én ‘n vonnis van 27 jaar vir ander finansiële misdade. Murdaugh het teen die moordvonnis geappelleer en hou vol hy is onskuldig.