Alcaraz vat Franse Ope
Carlos Alcaraz van Spanje het Alexander Zverev geklop om sy eerste Franse Ope-titel en derde Grand Slam in te palm. Die 21-jarige het die Duitser met 6-3, 2-6, 5-7, 6-1, 6-2 uitoorlê om die jongste speler ooit te word om belangrike enkelspeltitels op al drie oppervlaktes te verower. Alcaraz wat in Parys aangekom het en drie weke lank nie weens ‘n regterarmbesering nie kompeterend gespeel het nie, het die Franse Ope-titel beskryf as sy trotste Grand Slam-oorwinning tot dusver: