Alcaraz skakel Gasquet uit by Aussie Ope

Tennis: Die wêreld nommer twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die tweede ronde van die Australiese Ope danksy ‘n oorwinning in skoon stelle oor die Franse veteraan Richard Gasquet. Die 37-jarige Gasquet het in die eerste stel sterk teenstand gebied, maar kon nie die druk volhou nie en het die volgende twee stelle ver verloor. Die sesde gekeurde Duitser Alexander Zverev het vier stelle nodig gehad om sy landgenoot Dominik Koepfer te klop, terwyl 2021 se vrouekampioen in die Amerikaanse Ope, Emma Raducanu van Brittanje, ook deur is na die tweede ronde.