Alcaraz onttrek uit Barcelona, nog ‘n besering

Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het weens ʼn besering aan die Barcelona Ope onttrek. Die Spanjaard het die Monte Carlo-meesters ook misgeloop weens die besering aan sy regterarm. Alcaraz het die Barcelona-titel in 2022 en verlede jaar gebuit. Sy landgenoot, Rafael Nadal, wat die toernooi al ʼn rekord 12 keer gewen het, speel môre in die openingsronde teen die Italianer, Flavio Cobolli.