Alcaraz neem eerste plek in die wêreld in

Carlos Alcaraz van Spanje het weer die nommer een-posisie in die wêreld by die veteraan Serwiër, Novak Djokovic, oorgeneem. Dit is die enigste verandering in die top tien op die jongste mansranglys. Die Rus, Daniil Medvedev, is steeds derde, gevolg deur Casper Ruud van Noorweë en Stefanos Tsitsipas van Griekeland. Nog ʼn Rus, Andrey Rublev, is sesde. Holger Rune van Denemarke is sewende, die Italianer Jannik Sinner agste en die Amerikaner Taylor Fritz negende. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime beklee die tiende plek.