Albanese vies oor opposisie wat Parys-ooreenkoms wil weggooi

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het die Liberale partyleier, Peter Dutton se planne gekritiseer om die land se verbintenis tot die Parys-klimaatooreenkoms te laat vaar. Dutton sê hy sal die gestelde teiken van ‘n 43-persent verlaging soos in 2030-wetgewing bepaal, by die volgende verkiesing teenstaan. Hy sê hy is verbind tot die bereiking van zero-uitlatings teen 2050. Albanese sê die land kan nie teruggaan op sy uitlatingsteikens nie: