Al word miljoene opsy gesit vir maatskaplike projekte, is dit nie genoeg nie

Reaksie word ontvang op berigte dat die Khomas-streeksraad genoodsaak is om miljoene opsy te sit vir maatskaplike projekte en die bystand van werklose jeug. Regoor die land word dié uitdagings groter soos armoede toeneem en in Khomas is amper 16 miljoen dollar begroot in die verband. Al hoe minder geld word vir ontwikkeling begroot wat op sy beurt ook weer ander uitdagings sal bring. Maar, volgens Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sal die fondse wat Khomas begroot het geen verskil maak nie en baie meer is nodig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.