Al vat dit jare en miljoene, waardetoevoeging is puik plan – Hangala

Die kwessie van waardetoevoeging vir Namibië se mynwese-produkte lok wyd reaksie uit. Die regering het onlangs die aankondiging gemaak dat geen onverwerkte minerale en meer die land mag verlaat nie maar, vaardighede en beleggings van miljoene is nodig hiervoor. Intussen het dr. Leake Hangala, bekende Namibiese sakeman getwiet dat hy die stap ten volle ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels oor hoe hy die pad vorentoe sien, omdat dit jare sal neem om in werking te stel.