Al Kaïda blykbaar gereed om Van Deventer vry te laat

Die humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers sê die terreur-groep wat die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, as gyselaar aanhou, het aangedui dat hulle bereid is om oor sy vrylating te onderhandel. Die terreurgroep, Al Kaïda, hou Van Deventer in Mali aan. Hy was ‘n paramedikus in Libië toe hy in 2017 ontvoer en aan Al Kaïda verkoop is. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers sê die struikelblok is dat Al Kaïda vir Van Deventer betaal het. Hy sê talle lede in die groep het egter reeds aangedui dat hulle bereid is om ‘n terugbetaling te laat vaar, omdat hy reeds vir vyf jaar en ses maande aangehou word.