Al Jazeera onthul ‘Goldrot’ in Zimbabwe met president se ‘profeet-ambassadeur’

Een van Zimbabwe se mees invloedryke diplomate, Uebert Angel, het tydens ‘n geheime operasie deur Al Jazeera se ondersoekeenheid aangebied om sy status te gebruik om ‘n geldwassery-skema te bewerkstellig met goudsmokkelary.

Angel, wat in Maart 2021 deur Zimbabwe se President Emmerson Mnangagwa aangestel is, is ‘n ambassadeur en presidensiële gesant. Die 44-jarige, wat beweer dat hy ‘n profeet is en aan die hoof staan van ‘n gemeente – die Good News Church – met takke in 15 lande, het ingestem om 5 miljoen Amerikaanse dollar per week te fasiliteer met die smokkel van goud. 

Nie Angel, nog President Emmerson Mnangagwa het gereageer op die ondersoek nie.