Al Jama-ah-party vra SA regering vir sanksies teen Israel

Die Al Jama-ah-party doen ‘n beroep op die regering om ekonomiese en handelssanksies teen Israel in te stel. Dit volg nadat die leier van die militante groep Hizbollah met sy basis in Libanon, Hassan Nasrallah, Vrydag dood is in ‘n Israelse lugaanval op sy ondergrondse hoofkwartier in Beiroet. Ganief Hendricks van Al Jama-ah sê hulle veroordeel Israel se optrede en steun ten volle die bevryding van Palestina.