Al Jama-Ah-party prys SA se aanbieding in Den Haag
Die buurland se Al Jama-Ah-party het die Suid-Afrikaanse regspan geprys vir die aanbieding van ‘n sterk saak teen Israel voor die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die party is egter teleurgesteld dat die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, Hamas se optrede onregverdig veroordeel het tydens sy aanvalle op Israeliese grondgebied op die sewende Oktober. Die partyleier, Ganief Hendricks, sê die vraag is of dit selfverdediging was as gevolg van die feit dat Palestina al 75-jaar lank beset word.