Al Jama-ah bevestig Fase 2 van regering van nasionale eenheid

Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, het bevestig fase 2 van die regering van nasionale eenheid het begin. Hendricks sê strukture moet nog gevestig word en het Suid-Afrikaners aangemoedig om geduldig te wees, aangesien tien politieke partye betrokke is. Hy het ‘n beroep op partye gedoen om die ANC te ondersteun in samesprekings oor die regering van nasionale eenheid.