Al Jama-ah bekommerd oor terugkeer van wit bewind in SA

Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, het die ANC gewaarsku teen die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid, en waarsku dit kan tot die terugkeer van wit bewind lei. Hendricks het beklemtoon die regering van nasionale eenheid sal swart ekonomiese beheer en herstelwerk ondermyn. Hy het kommer uitgespreek en sê dit sal ‘n agteruitgang beteken na apartheidsera-ongelykhede en ware vryheid vertraag.