Al hoe meer SA-staatsamptenare betrek by korrupsie

Die Suid-Afrikaanse kriminoloog, Kholofelo Rakubu, het kommer uitgespreek oor die hoë voorkoms van staatsamptenare wat by korrupsie betrek word. Sy skryf dit onder meer toe aan die ondoeltreffendheid in beleid en die algehele ontoereikendheid van Suid-Afrikaanse wetgewing. Rakubu se opmerkings kom teen die agtergrond van die Valke se onthulling dat hulle in die vorige kwartaal 827 mense in hegtenis geneem het. Sy sê met betrekking tot verkrygingsmisdade neem die aantal staatsamptenare wat betrek word, toe in plaas van om af te neem: