Al die grensriviere vloei maar laag
Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het oor die naweek van 1,85m tot 1,90m vanoggend toegeneem. Dit is baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,17m gemeet het. Die Okavangorivier-vlak by Rundu het die naweek van 5,27m tot 5,18m vanoggend afgeneem. Dit is ook laer as die vlak van 4,93m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die Kunenerivier by Ruacana het gisteroggend ‘n vloei van 222,40 kubieke meter per sekonde aangeteken, wat effe laer is as verlede week. Die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift het onderskeidelik 0,27m en 0,43m gemeet.