Al 21 politieke partye teken stembrief ontwerp af

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê al die partye, ook die PDM, Republikeinse Party en die Christian Democratic Voice, wat nie afgevaardigdes na Johannesburg gestuur het nie, het wel die ontwerpte stembriewe afgeteken. Die kommissie sê dus, die stembriewe wat tans gedruk word, is deur al 21 partye wat aan die verkiesings deelneem, afgeteken. Op die oomblik verloop die proses op skedule en na voltooiing sal die kommissie verdere inligting verskaf.