Aktrise Lizz Meiring staan aan spits van veldtog om boere te help

Die Suid-Afrikaanse aktrise Lizz Meiring staan aan die spits van ‘n nuwe veldtog om dit moontlik te maak om in Januarie 3 000 ton dierevoer aan boere te voorsien. Sy reël die Reën-veldtog saam met die organisasie We Are South Africans en hulle maatskappy sonder winsbejag. Meiring se idee is dat plaaswinkels 50 rand van hulle daaglikse wins vir die projek skenk. Sy het Suid-Afrikaners aangemoedig om tydens die feestyd by die winkels te koop en so landbougebiede te help. Die bekende prediker Angus Buchan steun ook die projek.