Aktiwiteite hervat weer op Lüderitz
Rhino Resources Namibia se omgewingsklaringsertifikaat is goedgekeur om 10 eksplorasieboorgate aflandig Namibië se suidkus te boor. Boorwerk sal na verwagting in die vierde kwartaal vanjaar begin. Na raming sal die projek sowat 70 miljoen dollar per maand bestee in die plaaslike ekonomieë van Lüderitz, Walvisbaai en ander gebiede waar kontrakteurs gevestig sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Phil Balhao, burgemeester van Lüderitz, wat dit vir die dorp se ekonomie gaan beteken.