Aktiviste ruk môre op na Katutura-hof

Mede-aktiviste doen ‘n beroep op Namibiërs om môreoggend om tien-uur na die hof op te ruk om die NEFF-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari te ondersteun. Die drie verskyn weer in die Windhoekse landdroshof in Katutura nadat hulle op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor werkloosheid in die hoofstad in hegtenis geneem is. Hengari is Vrydag op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat, maar die ander twee is steeds in aanhouding. Aktivis George Kambala hoop dat die twee NEFF-aktiviste op borgtog vrygelaat sal word.