Aktivis se vrylating verwelkom

‘n Aktivis verwelkom die vrylating van die NEFF-aktivis Dimbulukeni Nauyoma. Hy is vandag borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof in Katutura toegestaan. Die regsverteenwoordiger van Amushelelo, Kadhila Amoomo, het die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging. Die twee aktiviste, asook PDM-parlementslid Inna Hengari is op 21 Maart in hegtenis geneem. Aktivis George Kambala hoop dat Amushelelo ook binnekort vrygelaat sal word.