Aktivis maak vordering met Covid-inentings in Ghana
Die Afrika-streek van die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê ‘n gemeenskapsvrywilliger in Ghana, Abednego Afreh, kalmeer die vrese van sy landgenote deur hulle aan te moedig om ingeënt te word teen Covid-19. Die land het verlede jaar in net 15 dae tussen 25 November en 9 Desember ongeveer 90 000 mense in al elf die distrikte van Bono-Oos ingeënt. Dit is ‘n aansienlike vordering teen lugtigheid teen die entstof en die bedreiging wat dit inhou vir Ghana se stryd teen die pandemie. Afreh sê inentings is ‘n deurslaggewende manier om Covid-19 die hoof te bied.