Aktivis kap na anti-gay groep oor saamtrek
Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek ‘n saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer waar ‘n paar kerkleiers, hul gemeentelede en lede van die publiek bymekaargekom het om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Hulle het aangedui dat die stryd nie teen mense is nie, maar teen die beginsels van die wêreld. Die byeenkoms was volgens hulle om “saam te staan en te veg teen bose geeste en planne van die duiwel, soos die erkenning van homoseksualiteit.” Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis, Linda Baumann, gesels wat haar reaksie deel.