Aktivis gesels oor verkeersligte wat toenemend vestings raak vir bedelaars
Die kwessie van haweloosheid en werkloosheid in Namibië word ‘n algemene verskynsel met al hoe meer mense wat by verkeersligte bedel. Met die krisis oor behuising en werkloosheid word dit ‘n hartseer gesig om te sien. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Rosa Namises gesels, wat sê dit is betreurenswaardig vir ‘n land met so ‘n klein bevolking waar moeders saam met hul kinders moet bedel.