Akteur Pettigrew sal eers môre verskyn na minnaar geskiet is

Die Suid-Afrikaanse akteur Gregg Pettigrew sal na verwagting môre die eerste keer in ‘n Gautengse hof verskyn in verband met die dood van sy minnaar. Die 51-jarige word daarvan aangekla dat hy die 29-jarige Dean Jeran verlede week in hul huis in Kemptonpark aan die Oos-Rand doodgeskiet het. Die landdroshof het Maandag gehoor Pettigrew is bebloed en bewusteloos aangetref nadat hy glo probeer het om sy eie lewe te neem. Hy het nie toe verskyn nie, want hy was nog in die hospitaal. Pettigrew was te siene in reekse soos Getroud Met Rugby en Legacy.