Akteur Ben Savage wil Amerikaanse kongres toe  

Die Amerikaanse akteur, Ben Savage, wat in die 90’s bekend geword het vir die televisiereeks, Boy Meets World, het homself amptelik verkiesbaar gestel as kandidaat vir die Amerikaanse kongres, as verteenwoordiger van die Los Angeles-distrik. Dié setel word gevul deur die Demokraat, Adam Schiff, maar word binnekort vakant, aangesien Schiff homself beskikbaar gestel het vir die Amerikaanse senaat. Die 42-jarige Savage, wat geregistreer het as Demokratiese kandidaat, sê hy raak by die politiek betrokke in ‘n poging om die vertroue in die regering te herstel. Savage het ‘n graad in politieke wetenskap, wat hy aan die Stanford-universiteit behaal het.